Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Verenigde Koninkryk |
Land (VK) | Wallis |
Distrik | City of Cardiff |
Graafskap | County Suid-Glamorgan |
Koördinate | 51°29′N 3°11′W / 51.483°N 3.183°W |
Stigting | 1003 |
Stadstatus | 28 Oktober 1905 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 140,3 km² |
Hoogte bo seevlak | 307 m |
Bevolking: | |
- Totaal (City of Cardiff in 2011) | 346 100 |
- Bevolkingsdigtheid | 2 466,9/vk km |
- Urban Area | 327 706 |
- Metropolitaanse gebied | 846 100 |
Tydsone | UTC ±0 (GMT) |
- Somertyd | UTC +1 (BST) |
Klimaat | |
- Tipe | Gematigde klimaat |
- Gemiddelde jaarlikse temperatuur | 14 °C |
- Gem. temp. Januarie/Julie | 2 / 12 °C |
- Gemiddelde jaarlikse neerslae | 1112 mm |
Voorsitter van stadsraad | Matt Edwards |
Amptelike Webwerf | Cardiff |
Cardiff (Engels: [ˈkɑːrdɪf], ; Wallies: Caerdydd, [kairˈdiːð] of [kaˑɨrˈdɨːð], ) is die hoofstad en grootste stad van Wallis. Cardiff lê aan die Walliese suidkus aan die Kanaal van Bristol in die geskiedkundige graafskap Glamorgan en word in administratiewe opsig as 'n eenheidsstad bestuur.
Nog tot in die vroeë 19de eeu was Cardiff 'n taamlik klein nedersetting wat eers met die industrialisering van die gebied bekendheid verwerf het as 'n belangrike uitvoerhawe vir steenkool. Uiteindelik het dit tot die grootste Walliese stad gegroei en is vandag 'n belangrike kulturele, geskiedkundige en sportsentrum in die Verenigde Koninkryk en sy 14de grootste nedersetting. Cardiff het in 1905 stadstatus gekry en het in 1955 die hoofstad van Wallis geword.
Die stad spog met ’n kasteel, katedraal en universiteit, en die Millennium-stadion, waar belangrike rugbywedstryde gespeel word.[1]